• swartberg pass prince albert

Beplan jy ’n padrit na vanjaar se KKNK? Stop by die ikoniese Swartberg Hotel en sit ’n ekstra bietjie kultuur by jou kunstefees

Posted on Fri February 2, 2018 in Things to do in Prince Albert.

Die grootste Afrikaanse kulturele fees keur terug na Oudtshoorn vir die 24ste keer in Maart hierdie jaar. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vind vanjaar in die skoolvakansie (en oor Paasnaweek) plaas en bied dus ’n gulde geleentheid vir ’n familie padrit na Oudtshoorn. As jy en jou familie die pad gaan aandurf en lus is vir ’n rustop by ’n 150 jaar oue nasionale monument met ’n paar baie moderne opknappings, maak gerus ’n draai by ons hier by Mont d'Or Swartberg Hotel.

Wat jy kan verwag by vanjaar se KKNK

“ ’n Kenmerk van die 24ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se program is dat dit ’n familiefees is. Die program bied iets vir almal, met snykantteater, uiteenlopende musiek en hope jeug- en kindervermaak.” So sê Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk (die maatskappy wat die KKNK aanbied).

Die nuwe area vir die feesterein, die Kuierbuurt, gaan gevul wees met allerlei vertonings en produksies, van komedies tot kontemporêre musiek. Jou Kuierbuurt kaartjie gee ook vir jou toegang tot die aandprogram se ses konserte, wat beteken dat jy van die grootste sterre in die Afrikaanse musiekbedryf op die Huisgenoot-verhoog sal kan sien optree.

Jy kan baie van jou gunsteling visuele kuns uitstallings, sangers en verhoogpersoonlikhede verwag, maar die feesgronde hou ook baie nuwe verrassings in. Moenie die kosdemonstrasies deur Annelien Pienaar en die avontuur uitstappies deur die Swartbergpas misloop nie. Vir die kleintjies is daar natuurlik hope kindervermaak en speelareas om hul mee besig te hou. Klik hier om die volledige feesprogram te sien: http://kknk.co.za/program/ 

Maak ’n stop by die Swartberg Hotel

Vir die wat die langpad gaan aanpak en lus is vir ’n erfenis stop aan die ander kant van die Swartbergpas, kom loer in by ons hier by die Mont d'Or Swartberg Hotel. Ons opgeknapte kamers, rondawels, luukste suites en losstaande selversorgeenhede bied iets vir elke tipe reisgroep. Klik hier om meer te lees oor ons kamers. Maak ook gebruik van die verfrissende swembad en die gemaklike son lê-stoele om te ontspan voor of ná die groot feesvieringe.

Besoek ons gerus ons nuwe spa, gin kroeg en ons gimnasium op die perseel. Ons terapeute weet net hoe om daardie seer spiere te laat ontspan en ons het gereeld spesiale aanbiedinge vir ons gaste. Klik hier vir ons volledige spa spyskaart. Maak ook ’n draai by ons nuwe gin kroeg om van die beste plaaslike gins te beproef. Klik hier om meer te leer oor ons fasiliteite by die Swartberg Hotel en hier om te lees oor ons nuwe gin kroeg.


Ons hoop dat jy en jou geliefdes ’n fantastiese KKNK sal beleef hierdie jaar en dat ons jou sal sien hier by die Mont d'Or Swartberg Hotel vir ’n skemerkelkie en miskien selfs ’n luukse bed in ons 150 jaar oue nasionale monument. Indien jy belangstel, klik hier om te lees oor hoe dit is om in ‘n nasionale monument oor te bly. Veilig reis!

Die KKNK vind plaas vanaf 29 Maart tot 4 April 2018 op Oudtshoorn. Vir meer inligting, besoek die offisiële KKNK webtuiste by http://kknk.co.za/